OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het vanmiddag laat weet dat dele van Toekomsrus later vandag sonder water sal wees.
Die water sal vanaf 17:00 tot ongeveer 20:00 af wees as gevolg van waterkleppe wat vervang gaan word.
Inwoners in die omgewing van Duiklaan, Petunialaan tot by Arnold de Jagerrylaan asook inwoners vanaf die vierrigtingstop na Dr. Dreyer en Flamingostraat sal beïnvloed word.
Die munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'