Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Hyundai wat gister aangeskaf is, is vanoggend ernstig beskadig toe dit in 'n botsing met 'n VW Amarok betrokke was.
Sover vasgestel kon word, was die Amarok besig om regs by 'n ingang in te draai toe die Hyundai oor die sperstreep van agter verbygesteek het en die Amarok se voorkant getref het.
Die botsing het net buite Oudtshoorn op die George-pad gebeur en niemand is beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die Volkswagen Amarok was besig om regs by 'n ingang in te draai.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'