Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-besigheidskamer se gala-aand het op 17 November by De Opstal net buite Oudtshoorn plaasgevind. Hierdie spoggerige geleentheid se gasspreker was Niël Steinmann (Die Leeuman), stigterslid en direkteur van People's Dynamic Development.
Sy praatjie het gehandel oor Sinergie in die Klein-Karoo - hy het sy ervaringe van die natuur en wild wat hy oor vier jaar in 'n wildreservaat opgedoen het deurgetrek na beginsels wat jy in jou alledaagse lewe kan toepas.
FOTOGALERY: Spoggerige geleentheid by besigheidskamer
Abri Ferreira, voorsitter van die Oudtshoorn-besigheidskamer het weereens genoem dat toerisme toeneem en dat die besigheidskamer hulle ondersteuning aan KKNK-2023 en die NA Smith-swembad inisiatief aanbied.
Nedbank was die borg van die aand en is deur Arrie Jordaan, besigheids-bestuurder verteenwoordig.
Gaste en lede by Oudtshoorn-besigheidskamer tydens die gala-aand.
Leon Koetsee (links) en Niël Steinmann diep in gesprek. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'