NUUTSTE INLIGTING: Florenchia is gevind, lees meer hier.
OUDTSHOORN NUUS - Florenchia April (26), woonagtig te John Chapmanstraat, Toekomsrus, is sedert verlede Vrydagaand vermis.
Volgens haar familie het hulle reeds op alle moontlike plekke gesoek, maar sonder sukses.
Die familie was onder die indruk dat sy by haar ma op Dysselsdorp kuier en dis hoekom hulle nie bekommerd was nie.
Haar Ma, het egter bevestig dat sy ook nie daar is nie en beoog om haar as vermis by die Oudtshoorn-polisie aan te meld. Florenchia het ten tyde van haar verdwyning 'n wit toppie met wit All Stars-tekkies aangehad.
Enige persoon met inligting oor waar Florenchia haar mag bevind word gevra om Patricia April by 083 311 1455 of Flora Apil by 082 512 2428 te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'