Update
OUDTSHOORN NUUS - Florenchia April (26), wat sedert verlede Vrydagaand vermis was, is gevind en veilig by die huis.
Volgens haar familie het Florenchia na haar pa, in Albertinia, geryloop sonder om haar familie in kennis te stel.
Sy het toe saam met mans, wat in Ruiterbos werk 'n geleentheid gekry, maar het toe vir die week by dié mans in Ruiterbos gebly en vir hulle gekook.
Nadat iemand op die Oudtshoorn Courant se Facebook-blad gesien het dat Florenchia vermis is, het hulle vir die familie laat weet dat sy in Ruiterbos is. Een van die mans by wie Florenchia in Ruiterbos gebly het, het haar gisteraand huis toe geneem.
Vorige artikel: Florenchia April vermis sedert verlede Vrydag
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'