OUDTSHOORN NUUS - Quadrant Media Advisory, in samewerking met E-Entertainment and Arts en Karooklonkie bied vanaf 21 tot 25 Junie 'n gratis film-oefenkamp vir 30 werklose jeugdiges wat in die filmbedryf belangstel aan.
Volgens Duwayne Murphy, een van die fasiliteerders, sluit die kamp die basiese beginsels van die maak van 'n film, die beginsels van toneelspel, hoe om fondse vir plaaslike produksies te in, die verspreiding van die film en sosiale media bemarking in.
"Ons is vreeslik opgewonde oor die oefenkamp en ons het 'n paar gesoute fasiliteerders wat by die program betrokke is."
Volgens Murphy sluit dit Michael S Murphey (internasionale filmprodusent en stigter van Doccie Institute SA), Marius Murths (plaaslike- en internasionale-filmprodusent en stigter van kwadrantmedia-advies), Eldene Jones (aktrise, direkteur en produsent en stigter van E-Entertainment and Arts), homself (direkteur, produsent, produksiekoördineerder en vaardigheid programkoördineerder) en Sivuyele Nkomo (skakelbestuurspesialis en bemarkingsghoeroe vir sosiale media) in.
"Ons beoog om drie dokumentêre video's te produseer, 'n aksie-toersimefilm, een helde-dokumentêr en een erfenisdokumentêr."
Die kamp word by die Verenigde Gereformeerde Kerk in Colridge View aangebied. Vir meer inligting kontak Murphy by 074 045 6942.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'