OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Sylvester-driedagbergfietsren is die afgelope naweek in ysige koue en sterk winde aangebied.
Ongeveer 150 ryers het aan die verskillende bergfietesrenne deelgeneem.
Die renne het Vrydag 22 Julie begin en oor drie skofte geduur. Fietsryers het die spoor van Sylvester die leeu, wat hy met sy ontsnapping gestap het, deur omliggende plase langs die Karoo Nasionale Park gevolg.
Ryers het 'n keuse gehad tussen 'n eendag 20 km-roete, 'n driedagroete bestaande uit 'n 4 km-tydtoets, 50 km-ren en 43 km ren, asook 'n driedagwedren, bestaande uit 'n 4 km-tydtoets, 90 km-wedren en 70 km-wedren.
Chandré Schultz het die 20 km gewen. In die langafstand driedag ren het Leré Stander vasgebyt en is as dameswenner gekroon.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Leré Stander was die 20 km-dameswenner.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'