OUDTSHOORN NUUS – Hoërskool Fezekile spog met ‘n matriek slaagpersentasie van 86,3% teenoor die 84,9% van die vorige jaar. Die slaagsyfer oorskry die gemiddelde slaagkoers van Eden (83%) sowel as dié van die Wes-Kaap (81%).
Radebe Mpati is die skool se toppresteerder met ‘n slaagpersentasie van 85% met Thembakuye in die tweede plek met 78%.
Mpati gaan vanjaar aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer en was Vrydag reeds by die universiteit.
“Ons mikpunt was 90%, maar ek is meer as gelukkig met wat ons bereik het,” het die trotse skoolhoof, Thembeka Mabongo, Vrydag gesê..
Volgens Mabongo is alles te danke aan harde werk van die opvoeders, toegewyde leerders en ouers se volgehoue ondesteuning.
Die suksesvolle matrikulante is Vrydag tydens ‘n spesiale geleentheid op die skoolterrein deur pastoor Gladys George gelukgewens en voorspoed toegewens met die toekoms van hul onderskeie loopbane.
Altesaam 35 van die suksesvolle kandidate het met toelating tot graadstudies geslaag, 23 met toelating tot diplomastudies en 11 met sertifikaatstudies.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'