OUDTSHOORN NUUS - Die sewende Erfenis sport en kultuurfees van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) gaan groter en beter wees as al die voriges sê die projekkoördineerder van die forum, Phillip Seroux.
Vanjaar se fees word op Sondag 24 September en Maandag 25 September, op die Bridgton-sportterrein aangebied.
Dit begin Sondagmiddag om 15:00 met 'n Gospel Extravaganza met 'n groot aantal kore, sanggroepe en musikante sal optree onder andere, Total Praise van Kaapstad, Oneness Worship Team, Geneses Academy, Real Soul, Owen Ryneveldt en Patrick Wagenaar, Trudy en Marilese Samson jeuggroep.
Maandag se program begin met 'n optog vanaf die Smartie Town sirkel in Dassieweg wat gelei sal word deur die Evangelies Lutherse jeugbrigade en motorfietsryers van die Olympians-motorfietsklub na die Bridgton-sportterrein. Hierna volg 'n 5km pretstap met medaljes vir almal wat deelneem.
Die res van die dag se program sluit in potjiekos- en braaivleiskompetisies, baie sport soos skaak, tafeltennis, dominoes, netbal en sokker terwyl daar oorgenoeg te eet en drink te koop aangebied sal word. EDENfm sal die fees uitsaai en toegang is gratis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'