OUDTSHOORN NUUS - 'n Bakkie van die departement van gesondheid (EMS), het vanoggend op die Dysselsdorppad in die agterkant van 'n Isuzu-bakkie vasgery.
Volgens Winston Jonathan, bestuurder van die bakkie (departement van gesondheid), was twee trokke wat gruis afgelaai het op dié pad verantwoordelik vir 'n opeenhoping van die verkeer, en kon hy nie betyds rem nie.
Beide bakkies se bestuurders het geen beserings opgedoen nie.
Skade aan die EMS voertuig.
Die Isuzu bakkie waarin die EMS voertuig vasgery het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'