OUDTSHOORN NUUS - Eljada-Kairos skool vir leerders met spesiale behoeftes het verlede Dinsdag uit hulle pad gegaan om die skool se ondersteuners en borge te bedank.
Volgens Hennie Baartman, skoolhoof van Eljada-Kairos, sal dit haas onmoontlik wees om in die behoeftes van die 270 leerders met gestremdhede te voorsien sonder die bydraes en ondersteuning van die gemeenskap en sakeondernemings.
“Ons het ‘n toegewyde personeel van 30 opvoeders wat in al die behoeftes van leerders tussen 6 en 18 voorsien. As gevolg van die leerders se spesiale behoeftes is die taak op opvoeders soveel groter,” het Baartman Dinsdag gesê.
Die leerders word op twee kampusse onderig. Die kampus vir juniors is in Baron van Reedestraat en die denior kampus is in Oostelikeweg gelë. Die skool bied jaarliks die funksie aan om borge en ondersteuners te bedank en dit word elke jaar deur Ricoh Garden Route, wat verantwoordelik is vir die skool se elektroniese kantoortoerusting, geborg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'