Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Power of Purple Cansa Relay for Life het die afgelope naweek op Oudtshoorn plaasgevind.
CANSA Oudtshoorn se personeel is in die proses om al die statistieke rondom die Relay for Life te finaliseer.
‘n Amptelike syfer van hoeveel mense dit bygewoon het kon nog nie bekend gemaak word nie, maar Amanda Koen van die Oudtshoorn CANSA kantoor, het bevestig dat daar meer as 60 spanne deelgeneem het.
Dit was die elfde Relay for Life wat op die De Jager-sportgronde aangebied is.
Foto: Christo Vermaak
Lees 'n vorige artikel: Relay for Life op Oudtshoorn
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'