OUDTSHOORN NUUS - 'n Klein groepie EFF-partylede het 'n rukkie gelede na die Oudtshoorn-munisipaliteit beweeg as deel van die party se landswye "Shutdown" -protes-optogte.
Volgens een van die party se woordvoerders beoog hulle om 'n memorandum met 'n lys griewe aan die Oudtshoorn-burgemeester, Chris Macpherson, te oorhandig.
Die griewe handel meer oor die landwye beurtkrag wat volgens die EFF onaanvaarbaar is. Die party se argument is dat die land se beurtkrag skielik oor die naweek opgeskort is omdat almal kennis dra van die EFF se betogings vandag.
"Met hierdie aksie het die regering gewys dat daar wel elektrisiteit is, so hoekom die nie vrylik beskikbaar maak nie," wou die woordvoerder weet.
Die Oudtshoorn-polisie vergesel die EFF-betogers na die munsipaliteit. Alles verloop tot dusver ordelik.
Foto: Wyndham Ewerts
Foto: Wyndham Ewerts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’