Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Animal Care Team (ACT) en Oudtshoorn Volunteers vir Diere het in samewerking met Magda Davel van die munisipale skut en dokter Karlien Botha van die staatsveearts 47 diere tydens hul eerste Spay-a-thon van die jaar reggemaak.
Volgens Vanessa Engelbrecht, voorsitter van ACT, volg dit op hul eerste Spay-a-thon van verlede jaar waar hulle 110 diere gesteriliseer het.
Vanessa sê die diere wat vanjaar gesteriliseer is, is deur ACT, Oudsthoorn Volunteers vir Diere, die munisipale skut, Oudtshoorn Dogs in Need en Friends for Animals in Calitzdorp gekies.
"Ons het tussen ons 25 tewe, 11 reun honde, drie vroulike katte en agt manlike katte gekies om te steriliseer.
"Ons lewer die dienste aan mense wat dit werklik nie kan bekostig om veearts toe te gaan en die diere te laat regmaak nie.
"Ons het vanjaar nog 'n paar geldinsamelingsgeleenthede sodat ons minstens nog drie klinieke kan hou waar ons diere gaan steriliseer."
Volgens haar kos dit ongeveer R25 000 om 50 diere te steriliseer.
"Dit sluit nie die medikasie vir wondbehandeling, ontwurming en die behandeling van ander parasiete in."
Volgens Vanessa kos dit ongeveer R25 000 om 50 diere te steriliseer.
Vanessa sê hulle wil graag die lede in die gemeenskap bedank wat skenkings gegee het om die Spay-a-thon moontlik te maak.
"Ons bedank ook Alet Coetzer en Marianne Spies, Owls Den wat verblyf vir die veeartse geborg het, Safari Ostrich Farm wat die etes voorsien het, Dr Glen Carlisle wat ons gehelp het en ook die mediese toerusting voorsien het.
"Ons bedank ook graag die Ebervet Petcare Group, Dr Hilldidge Beer en Hilda Mills wat ons teen 'n minimale koste gehelp het."
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'