OUDTSHOORN NUUS - Animal Care Team (ACT) en Oudtshoorn Volunteers vir Diere het in samewerking met Magda Davel van die munisipale skut en dr. Karlien Botha van die staatsveeartsentdienste 47 diere tydens hul eerste Spay-a-thon van die jaar gesteriliseer.
Volgens Vanessa Engelbrecht, voorsitter van ACT is die diere wat vanjaar gesteriliseer is, is deur ACT, Oudtshoorn Volunteers vir Diere, die munisipale skut, Oudtshoorn Dogs in Need en Friends for Animals in Calitzdorp gekies.
"Ons lewer die dienste aan mense wat dit werklik nie kan bekostig om veearts toe te gaan en die diere te laat regmaak nie.
"Ons het vanjaar nog 'n paar geldinsamelingsgeleenthede sodat ons minstens nog drie klinieke kan hou waar ons diere gaan steriliseer."
Volgens haar kos dit ongeveer R25 000 om 50 diere te steriliseer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'