DYSSELSDORP NUUS - 'n Groep ontevrede inwoners van Dysselsdorp het vanoggend die munisipale gebou daar gesluit en amptenare word verhoed om dienste te lewer.
Volgens een van die inwoners is daar reeds drie maande gelede aan hulle belowe dat ongeveer 40 inwoners met tydelike skoonmaak werk in die dorp sou begin.
Volgens die inwoner moes hulle vandag begin na gelang van gesprekke tussen hulle en onder meer die burgemeester, maar is daar vandag steeds nie vir hulle werk nie.
Hulle eis nou om met die burgemeester, Chris Macpherson te praat.
Fotogalery: Munisipale gebou deur Dysseldorpers gesluit
'n Navraag is aan die munisipaliteit gestuur.
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'