OUDTSHOORN NUUS - Duisende mense van heinde en ver het Saterdag 5 Januarie op Oudtshoorn die begrafnis van Eerw Gerald de Klerk bygewoon.
Die begrafnis word deur talle as die grootste op die dorp beskou word.
Die adjunk minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Andries Nel het De Klerk vergelyk met ‘n kers wat ander kerse aangesteek het en wie se lig die armes en die verdruktes met hoop, selfvertroue en menswaardigtheid laat skyn het.
Nel was een van talle wat tydens die vier-uur lange diens in die Bridgton United Congregational Kerk hulde aan die ontslape De Klerk gebring het.
Meer as 5 000 mense het die kerkgebou wat 6 000 kan huisves, volgepak.
Die diens is deur die kerk se konsulent, eerw Andries Palmer gelei met Eerw Thulani Ndlazi, Sinodesekretaris van United Congregational Church of Southern Africa, wat die boodskap gebring het.
Die 79-jarige De Klerk was vir meer as 40 jaar leraar van die Bridgton United Congregational Kerk.
Meer as 5 000 mense het die kerkgebou wat 6 000 kan huisves, volgepak.
Nel het namens President Cyril Ramaphosa, die regering en die leierskap van die ANC, medelye aan die De Klerk-gesin, die kerk, die gemeenskap van Oudtshoorn, kamerade, vriende asook die leierskap van die plaaslike ANC oorgedra.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'