Update
OUDTSHOORN NUUS - Die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat was verlede Sondagoggend weereens die toneel van 'n botsing. Dit was die tweede ongeluk in 'n week op die kruising.
'n Egpaar uit die buiteland en hulle twee kinders was vanaf die rigting van die grotte met Baron van Reedestraat in 'n gehuurde Toyota onderweg.
Hulle het regs in Van der Rietstraat ingedraai en voor 'n aankomende Pajero ingery. Die Pajero het die Toyota op die passasierskant getref en teen 'n BMW, wat by die stopstraat gewag het, vasgestamp.
'n Vroulike passasier in die Pajero is met ligte beserings hospitaal toe geneem.
Niemand anders is in die botsing beseer nie. Volgens antwoorde op vorige navrae na botsings by dié kruising, is die munisiplaiteit besig om na moontlike oplossings te kyk om kruisings waar botsings gereeld voorkom veiliger te maak.
Die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat waar daar gereeld botsings voorkom.
Lees 'n vorige artikel: Drie motors in ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'