UNIONDALE NUUS - Drie verdagtes is Saterdag vir veediefstal in hegtenis geneem. Volgens sers. Chris spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die polisie na bewering gereageer op 'n oproep oor 'n bok wat op 'n plaas geslag is en op 'n vragmotor gelaai is.
"Lede van die veediefstal-eenheid in Oudtshoorn en Uniondale het drie verdagtes tussen 29 en 35 jaar oud op 'n nabygeleë plaas aangetref en hulle is in hegtenis geneem."
In 'n onverwante voorval het die polisie Vrydag 25 Junie ook 'n inbraak by 'n perseel in Voortrekkerweg ondersoek.
"In dié voorval is daar ook drie verdagtes, tussen die ouderdom van 21 en 31 jaar oud, vir inbraak en besit van gesteelde eiendom in hegtenis geneem. Al ses verdagtes het die week in die Uniondale-landdroshof verskyn."
'Ons bring jou die nuutste Uniondale, Klein Karoo nuus'