KAROO NUUS - Drie mense het vandag gesterf in 'n botsing tussen twee voertuie op die N1 (tussen Beaufort-Wes en Leeugamka).
Een voertuig het heeltemal uitgebrand.
Beide insittendes van die voertuig wat uitgebrand het, het in die botsing omgekom. Hul liggame is in die uitgebrande wrak gekry.
Daar was een persoon in die ander motor. Die persoon is ook op die toneel dood.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'