Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Drie motors was vanoggend net voor 07:30 in 'n botsing in Baron van Reedestraat betrokke.
Die botsing het plaasgevind toe 'n wit Opel Astra uit Baron van Reedestraat regs in Victoriastraat ingedraai het.
Die Opel is deur 'n aankomende Toyota Corolla getref. Die slag het die Opel teen 'n Uno wat by die stopstraat gestaan het laat beland.
Nie een van die bestuurders is beseer nie.
Twee kinders wat in een van die motors was, is op die toneel vir skok behandel.
Die slag het die Opel teen 'n Uno wat by die stopstraat gestaan het laat beland.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'