OUDTSHOORN NUUS - Besoekers wat in die omgewing van Zoar kom, kan gerus afdraai van die hoofpad en inloer by 'n egpaar, Jonathan en Magdaleen Jantjies.
Dié twee lei al vir etlike jare 'n gemeenskapsprojek, Genesis Developments, vir senior burgers onder die vaandel van die ATKV Zoar.
Heerlike ingelegde produkte en konfyte onder die naam Tannie Poppie's word deur van die senior burgers in dié klein dorpie gemaak en aan besoekers verkoop.
Die verkope bring 'n welkome klein inkomste aan die seniors.
Die produkte is beskikbaar by die klein winkeltjie te Katjiepieringweg 8, Braklaagte, Zoar.
Jantjies en Christians het ook 'n sopkombuis waar gereeld etes aan behoeftige kinders en volwassenes bedien word.
Hulle plant self van die groente wat vir die sopkombuis nodig is.
Om die jaar af te sluit, is 'n heerlike Kersete onlangs vir behoeftige inwoners bedien en die kinders is bederf met mooi Kersgeskenke.
Vir meer inligting oor die produkte en hul gemeenskapsprojek, bel Jonathan Jantjies by 074 810 0997.
Jonathan en Magdaleen Jantjies by van die produkte wat gemaak word.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’