Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Met die vergunning van die staat om mense toe te laat om dorp toe te kom vir toelaes, stroom mense na die sakekern.
Volgens taxibestuurders is dit nie slegs mense wat toelaes moet ontvang wat dorp toe kom nie, maar ‘n groot getal mense maak ook van die vergunning gebruik om inkopies te kom doen.
Mense het reeds vroeg vanoggend in lang rye by die onderskeie betaalpunte begin staan.
By sommige betaalpunte, soos by Shoprite, is stroke op die sypaadjie geplak om te verseker dat mense 1,5m van mekaar staan.
Fotogalery: Mense staan in lang toue vir toelaes
By OTM’e was dit egter nie die geval nie.
Volgens taxibestuurders mag hulle hierdie week daagliks tussen 05:00 en 20:00 passasiers vervoer, maar daar mag slegs sewe mense buiten die bestuurder in die taxi wees.
Maatskaplike toelaes word vandag en môre uitbetaal.
Kyk 'n video hieronder:
Met die vergunning van die staat om mense toe te laat om dorp toe te kom vir toelaes, stroom mense na die sakekern.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'