OUDTSHOORN NUUS - Die personeel van Oudtshoorn Korrektiewe Dienste (Medium A en B gevangenis) het vir die tweede jaar 'n heerlike Kersete vir senior burgers aangebied.
"Ons het verlede jaar sowat 150 bejaardes van Dysselsdorp op die manier bederf en dié jaar besluit om 200 van Oudtshoorn, Bridgton, Bongolethu, Volmoed en Zeekoegat te bederf," sê Donevin le Roux.
"Die personeel het weer hul hande in die sakke gesteek om die dag moontlik te maak."
Vervoer is ook vir die gelukkiges gereël.
Die twee oudste senior burgers was Mona Wagenaar (93) en Ousie Grootboom (91).
Die Inmate-orkes van die gevangenis het vir die musiek gesorg.
Die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, het ook die geleentheid bygewoon en die personeel van korrektiewe dienste geloof vir die wonderlike inisiatief.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'