OUDTSHOORN NUUS - By Cango Wildlife Ranch is diere gedurende die nag verskuif weens die rivier wat gestyg het. Alle diere is egter veilig.
Volgens Tammy Moult, senior bestuurder: toerisme van Cango Wildlife Ranch, is daar net oorstromings in die kampe vanaf die rivier se kant.
"Ons is egter oop. Dit is net ons Cheetahland-area wat vir eers gesluit bly. Al ons diere is ook veilig," het sy gesê.
VERSKAFDE VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’