‘n Verbyganger het wetstoepassingsbeamptes gestop en hulle meegedeel dat daar ‘n man aan die binnekant van die heining lê.
Voorlopige inligting dui daarop dat die oorledene onwettige toegang tot die perseel verkry het en dat hy besig was om ‘n kragboks te steel toe hy dood geskok is.
Amptenare van die George-munisipaliteit se elektrotegniese-afdeling is ook op die toneel.