CALITZDORP NUUS - Boplaas familie-wingerde op Calitzdorp het twee redes om grootbors op wynpodiums te pronk. Hulle het op 8 November die Platter-wyngids vir 2020 se gesogte titel as portwyn van die jaar saam met Upland wyne op Wellington ingepalm.
Die portwyn wat hierdie prestasie behaal het is Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2017.
Dan het Boplaas ook vir die 19de keer die gesogte Platter-vyfstertoekenning ontvang.
Die Platter-wyngids is 'n internasionaal erkende wyngids wat sedert 1980 jaarliks verskyn.
Die 2020 Platter-wyngids is op Vrydag 8 November in Kaapstad bekendgestel. Die wyngids bevat 125 uitsoek wyne en een brandewyn wat almal vyfster toekennings ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'