Die Ha!Man is Francois le Roux, een van Suid-Afrika se mees unieke uitvoerprodukte wat elke jaar sy eie formaat spontane musiek rondom die hele wêreld neem. En op Dinsdag 21 Februarie is dit die Klein-Karoo en ganse Suid-Kaap se kans om die Ha!Man by die Jamsstreet Plaasteater net buite Oudtshoorn te sien. Sowat sewe jaar gelede het die Ha!Man tydens die KKNK 'n vertoning op die dak van sy kar gehou wat hy op die muiddelmannetjie in Baron van Reede parkeer het en al wat almal van die multi-dimensionele musikant kon sê was: "WOW!"
Die HA! ervaring lok sterk reaksies uit. Greg Pastoll het die Ha!Man se optrede in Kaapstad so opgesom: "Gaan jy na jou graf sonder om hierdie vertoning te beleef, sou jy die geskiedenis by jou laat verbygaan."
Die seun van 'n NG predikant en musiekonderwyseres, studeer hy eers teologie en later musiek by Stellenbosch en UNISA onderskeidelik gedurende die politiek-witwarm jare van die laat tagtigs. Deur vele beskou as 'n musikale genie, gebruik hy sy klassieke musiekagtergrond as vertrekpunt om 'n "drie-dimensionele" raamwerk (HA!) te ondersoek en te ontwikkel, waarvolgens dieper en egter emosie op die verhoog kan uitvloei. Dit neem hom 'n volle dekade van ryloop en straatoptredes om hierdie brose kunsvorm tot volwassenheid te bring, 'n kunsvorm wat vandag 'n sterk teenwig teen die druk van kommersialisme vorm. Ondersteun deur 'n wereldwye onafhanklike netwerk, is dit sy doel om plaaslike gemeenskappe te bemagtig deur hulself meer vrylik te kan uitdruk, werk wat die digter Norman Morrissey hom laat beskryf as 'n "lewende krag in die energieveld van ons globale kreatiewe moment."
Die HA! verhoog is 'n speelveld van musiekinstrumente en dikwels ook ander kunsvorme. Die HA!Man se hoofinstrument is die tjello, dan klawerbordinstrumente, gekoppel met oorsdpronklike elektroniese begeleidings, wat self die gees van spontaniteit omvat en bydrae tot 'n verruklike verskeidenheid van musiekstyle en -teksture. Daar is iets van die klassieke, van Afrika, indrukke van die Ooste en Meditereense, ernstig sowel as populer in aanslag, droomagtig om mee te begin, dan uitdagend en briljant en uiteindelik suiwer tuiskomende inspirasie en vermaak. Sy vaardigheid as improviseerder word wyd bewonder en hy kan enige tyd verras met temas soos aangegee deur die gehoor, spontane liedere, gedigte, dans, die aanvoer van diep lewenskwessies en wie weet wat nog 'n bepaalde geleentheid kan oplewer. In wese bring die HA! vertoning mense bymekaar soos wat dit 'n universele dimensie aanroer, toeganklik tot die wydste moontlike gehoor.
Die HA!Man verskyn op Dinsdag 21 Februarie by die Jamstreet Plaasteater op Rooiheuwel, Oudtshoorn. Die optrede begin om 19:00 en toegang is R50 per persoon. As gaskunstenaars tree die Klein Karoo Feeskoor onder leiding van Chrisna du Preez op met liedere soos Her Time Has Come, 'n lied deur die HA!Man wat wyd ondersteun is as moontlike openingslied vir die Sokker Wereldbeker. Die Vivo Marimba Band verleen nog kleur aan die geleentheid en 'n hoogtepunt sal sekerlik die gesamentlike improvisasie-items wees waarvoor die HA!Man so bekend is. Besprekings vir hierdie onvergeetlike geleentheid kan gedoen word by 082 5100 516 of danie@jamstreet.co.za.
Kry jou HA! asem in voordat dit weer die planeet invaar vir die res van die jaar! www.hamanworld.com
.jpg)
.jpg)