OUDTSHOORN NUUS - Die Willemse familie van Swigelaarstraat, Bridgton, het vir die derde jaar 'n Kersfees-straatpartytjie vir inwoners van die straat en die omgewing aangebied wat deur oud en jonk bygewoon en deur almal geniet is.
Die geleentheid is paslik met ‘n Kersboodskap deur ds Samuel du Plessis van die Volkskerk van Afrika begin.
Almal het ‘n heerlike kospakkie gekry terwyl die jongspan ook elkeen met ‘n Kersgeskenk huis toe is.
Verskeie plaaslike kunstenaars het vir dans en sangitems gesorg met Bennie & G aan die voorpunt.
“Kersfees is ‘n tyd om te gee en danksy talle mense wat bereid is om dit te doen kon ons weer ‘n baie genotvolle geleentheid aanbied," sê Steven en Sheryl Willemse.
Die Willemse het hul besondere dank teenoor die inwoners van Swigelaarstraat uitgespreek vir hul ondersteuning van die geleentheid asook vir talle wat bygedra het tot die sukses van die aand, met spesiale vermelding van Oudtshoorn Groentemarkte.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'