DE RUST NUUS - Op vlak 1 van die inperking kon organisasies soos Kansa weer met insamelingsprojekte begin.
Kansa se eerste Cuppa for Cansa sedert die inperking, is aan die einde van September by Housemartin-gastehuis op De Rust gehou.
Die tema was, Your story is worth more than gold, en ongeveer 45 gaste van De Rust, Klaarstroom, Prins Albert en Oudtshoorn het dit bygewoon. Elke persoon het ‘n geskenksak verskaf deur Kansa, ontvang en die gelukstrekkings het vele persone baie spesiaal laat voel.
Die gasspreker, Suezette Smit, bestuurshoof van Performance Development Interactive, was die gasspreker en het haar boodskap dat ons positief moet leef, met humor oorgedra.
"Omring jou met positiewe mense wat jou opbou en maak elke dag ‘n verskil in iemand anders se lewe, al is dit net met ‘n kompliment of glimlag. In elke slegte situasie, is daar goed en mooi. Ons moet onsself leer om dit raak te sien."
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'