OUDTSHOORN NUUS - Meer as 150 De Rusters het verlede Donder-dag hul transportaktes by die Oudtshoorn-munisipaliteit ontvang.
Colan Sylvester, burgemeester van die Oudts-hoorn-munisipaliteit, het gesê vir eerste huiseienaars is dit een van dié belangrikste dokumente wat hulle in hul besit kan hê.
Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, was Kaaitjie Ma-swati (93) een van die 161 De Rusters wat haar transportakte in ontvangs geneem en het sy vir die eerste keer in haar lewe 'n huis wat sy haar eie kan noem.
"Dié dokument gee nie net aan die huiseienaar versekering vir huisvesting nie, maar dien ook as nalatenskap vir my nageslag," het Sylvester tydens sy toespraak gesê.
"Om hierdie rede moet u baie oordeelkundig te werk gaan met hierdie dokument." Hy het hulle verder geadviseer om 'n geldige testament in plek te kry.
Volgens Oliphant het die munisipaliteit in 2012 met 'n projek begin waar alle inwoners van lae-koste behuising aansoek moes doen vir hul transportaktes by die munisipaliteit. Hierdie aansoeke was dan na die voltooiing van laekoste huise in 2013 na die aktekantoor in Kaapstad gestuur waar alle inligting ingevoer en geprosesseer is.
Colan Sylvester, burgemeester, saam met Kaatjie Mwati (93).
Voordat die burgemeester die transportaktes aan die eienaars oorhandig het, het hy aan hulle gesê om hulle transportakte te bewaar sodat dit nie in verkeerde hande kan beland nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'