OUDTSHOORN NUUS - Danksy die welwillendheid van drie persone kon die tande van twee perde by Eljada-nasorgsentrum vir persone met spesiale behoeftes, versorg word.
Die twee perde word vir terapie gebruik. Roann Bruyns van RB Equine Dental Services het die behandeling gedoen.
Die span van Eljada bedank Johan Breunissen van Beans About Coffee en Die Herrie sowel as dr. Fanus Cilliers van Camelus Trading vir hulle bydrae om die tandesorg moontlik te maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'