OUDTSHOORN NUUS - Twee vuurvreter rymkletskunstenaars, Abreyam Prins (Da VG) en Janion Kennedy (Noemwoord) het Oudtshoorn se naam verlede Woensdag hoog gehou toe hulle onderskeidelik die beste algehele kunstenaar-en beste rymkletser (mans) toekennings by die Public Health Entertainment-toekenningsaand ingepalm het.
Hierdie spoggeleentheid is in Paarl gehou met sangers en rymkletsers vanoor die Oos en Wes-Kaap wat hoofsaaklik musiek in Afrikaans vervaardig, wat dit bygewoon het.
DA VG sê dat sy toekenning baie vir hom as kunstenaar beteken.
"Om as beste algehele kunstenaar aangewys te word, is net weereens 'n bewys dat harde werk beloon word."
Noemwoord het op sy beurt gesê dat dinge nie altyd rooskleurig in die vermaaklikheidsbedryf is nie en daarom is hierdie toekennings wat erkenning gee aan kreatiwiteit, selfs meer spesiaal.
Beide het hul aanhangers bedank vir hul volgehoue ondersteuning.
‘‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’