KAROO NUUS - Die moets en moenies van die algehele inperking op Suid-Afrika is reeds wyd op sosiale media versprei, maar steeds is daar individue wat onseker is oor presies wat hulle tydens die inperkings mag en nie mag doen nie.
Die inperking is geldig van vandag tot 16 April om 00:00, maar kan verleng word indien die regering dit nodig ag.
Die minister van polisie, Bheki Cele, het Woensdagaand breedvoerig verduidelik wat die reëls rondom die inperkings is. Persone wat nie hierby hou nie kan tot ses maande deur die polisie toegesluit word of 'n lywige boete opgelê word.
Jy mag:
- Jou Sassa-gelde ontvang
- Mediese hulp kry
- Apteke en supermarkte besoek
- Begrafnisse bywoon mits daar net 50 mense is
- Toegang tot publieke vervoer en essensiële dienste kry
- By jou huis wees en in jou eie erf wees
Jy mag nie:
- Met jou hond gaan stap of draf nie
- By jou bure kuier nie
- Alkohol koop of verkoop nie
- Tussen provinsies beweeg nie
- Plekke soos, parke, vlooimarkte, nagklubs, kroeë, sjebiens en strande besoek nie.
- Roudienste in die aande voor begrafnisse hou nie
Cele het ook genoem dat padblokkades binne die dorpe gehou kan word om seker te maak dat inwoners binne die maatreëls bly.
Ry dus altyd met jou bestuurslisensie en moenie meer as een persoon in 'n voertuig ry nie tensy dit 'n vervoerdiens is of 'n minderjarige weens noodsaaklike omstandighede saamry.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'