OUDTSHOORN NUUS - Prof. Johan Olivier, oudraadslid van Oudtshoorn en oudkurator van Arbeidsgenot, tuiste van C J Langenhoven, is Dinsdag 29 Junie in die ouderdom van 82 in Mediclinic Bloemfontein aan die virussiekte oorlede.
Hy was ‘n hartlyer en diabeet.
‘n Gedenkdiens word Donderdag om 11:00 uit die NG Kerk Bloemheuwel gehou.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'