OUDTSHOORN NUUS - Die "I surrender" -Christengroep het vanoggend na 'n optog deur Oudtshoorn se strate 'n memorandum aan burgemeester, Colan Sylvester oorhandig.
Die koördineerder van die groep, Ranger Grebe het tydens die oorhandiging van die memorandum gese dat die tyd nou is om die woord van die Almagtige welkom in Oudtshoorn te maak.
Hy het onder andere versoek dat die Oudtshoorn-munisipaliteit die groep moet bystaan om 'n kruis by Spekkop op te rig wat simboliseer dat Oudtshoorn aan Jesus behoort.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'