CALITZDORP NUUS - Die Garden Route-distriksmunisipaliteit het verlede Maandag met opgradering aan die Calitzdorp-spa begin.
Daar is onder meer begin om die fasieborde en houtpanele op te gradeer en die dakke word ook vervang.
Volgens Marilla Veldkornet, woordvoerder van die distriksmunisipaliteit, is die diensverskaffer om dié werk te voltooi reeds in 2020 aangestel na 'n tenderproses gevolg is.
Mario Appel, superintendent van die munisipaliteit, sê die eerste fase van die opgradering sluit die ontvangslokaal, die hoofgebou en die chalets teen die berge in en hoop hulle om einde Junie klaar te wees.
"Die tweede fase sal begin sodra fondse in die nuwe boekjaar, wat op 1 Julie vanjaar begin, beskikbaar is."
Die tweede fase sal die opgradering van die 20 chalets by die swembad, die vier ablusieblokke by die kampterrein en die vier swembadlapas insluit.
Opgraderingswerk by die Calitzdorp-spa goed op dreef. Foto's: Neil Damons
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'