CALITZDORP NUUS - In Oktober 1982 het 'n groep inwoners van Calitzdorp vergader om 'n Museumvereniging te stig.
Dick en Bettie Barry, Fanie en Lettie Scholtz, Louis Kemper, Stoffel Geyser, Sanette Nortier en Robert Rootman was teenwoordig. Elize du Plessis het die vergadering gelei.
Die artikels wat tot dusver bymekaar gemaak is, is in 'n tydelike gebou gehuisves.
Op 24 Januarie 1983 word die eerste jaarvergadering in die aktiwiteitsaal by die munisipale kantore gehou.
Louis Kemper, toe burgemeester, verduidelik dat hy met die bou van die nuwe biblioteek die ou gebou vir die museum beskikbaar sou stel.
In die plakboek met koerantuitknipsels wat in die museum vertoon word, verskyn 'n koerantberig met 'n foto van mnr. Gerrit du Plessis - "Calitzdorp se nuwe burgemeester, onder andere stigterslid van die plaaslike museumvereniging." Die voorsitter was Elize du Plessis en Robert Rootman die sekretaris.
Behalwe ledegeld is donasies van verskillende persone en organisasies ontvang asook van die munisipaliteit. Daar is ook 'n dans gereël om nog geld in te samel.
Die museum was slegs op een dag per week oop met die hulp van Bettie Barry en Sophy McLaren wat beurtelings een oggend per week diens gedoen het.
Op 26 Januarie 1987 word Higgo Jacobs tot nuwe voorsitter verkies en hy dien in hierdie amp tot 1993.
In 1993 het dr. Higgo Jacobs as voorsitter bedank en is hy deur Theo Dykhorst opgevolg.
In 1996 is die museum na 'n groter gebou geskuif.
Teen die einde van 1999 het hierdie reëling egter tot 'n einde gekom.
Ds. Elbert de Kock het tot die redding gekom en die kerkraad oorreed om toestemming te gee dat die vroeëre banksaal gratis aan die museum beskikbaar gestel moet word.
Deesdae fokus die museum op die verkoop van tweedehandse boeke om die deure van die museum oop te hou. In die middae help vrywilligers.
Die toerismeburo het intussen 'n leë vertrek by die Shell Garage bekom.
Vroeg in 2000 is die museum vir 'n derde maal geskuif. Dit het 'n aantal maande geneem om die museum weer netjies in te rig. Onder toesig van Malan Roux is die taak keurig afgehandel.
In Junie 2000 het Neil Curry die voorsitter geword nadat Theo Dykhorst weens siekte moes bedank. Tans is laasgenoemde die sekretaris/tesourier. Briëtte Barry is die ondervoorsitter.
Die huidige voorsitter is Neil Curry en Paul Boshoff is die kurator.
Deesdae fokus die museum op die verkoop van tweedehandse boeke om die deure van die museum oop te hou. In die middae het hulle hulp van vrywilligers.
Die huidige voorsitter is Neil Curry en Paul Boshoff is die kurator.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'