CALITZDORP NUUS - Die moordsaak teen 'n man van Royal Heights, Calitzdorp, is op 27 Januarie in die Oudtshoorn-streekhof vir verdere getuienis van die verdediging tot Maart uitgestel.
Adrian Gerber (29) ontken skuld en sê die oorledene, Elrico Booysen, was die betrokke aand, 21 September 2018, sterk onder die invloed van alkohol toe hy op bierbottels en hout gegly, sywaarts met sy kop teen 'n muur geval en toe weer op 'n sementblad geval het.
Die staat voer aan dat Gerber vir Booysen met 'n spanhoutjie oor sy kop geslaan en hy later in die Grootte Schuur-hospitaal aan sy beserings beswyk het.
Die saak word deur streeklanddros Ntsoki Moni aangehoor en is vir voortsetting tot 17 Maart uitgestel.
Martin Green verskyn namens die beskuldigde wie se borgtog en borgtogvoorwaardes tot sy volgende verskyning verleng is.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'