Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-wenner van gister se Cake Off was Cherie Calitz (26). Sy is die bobaasbakker by Enchanted, 'n koffiewinkel in Oudtshoorn.
Volgens haar is bak haar absolute passie en was sy baie opgewonde oor die Cake Off omdat sy haar eie kreatiewe idees kon uitleef vir die kompetisie.
"Dit was so lekker om 'n slag weer iets te kon bak. Met die inperkings is dit moeilik, maar vir die kompetisie kon ek weer 'n slag kreatief wees."
Die tema was High Tea during #LockDown.
"Ek het lankal die idee gehad om die kleure en blomme saam in versiering van koeke te gebruik, maar soms as mense spesifieke goed bestel is dit moeilik. Met die kompetisie was dit my keuse."
Cherie sê sy is baie bly sy het ingeskryf en sy het die kompetisie geweldig baie geniet.
Sy dring deur na die finale rondte waar sy in die eerste week van Mei teen die wenners van Mosselbaai en George gaan deelneem.
Die tema was High Tea during #LockDown.
Volgens haar is bak haar absolute passie en was sy baie opgewonde oor die Cake Off.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'