OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van Oudtshoorn kan tot vandag 12:00 stem vir Oudtshoorn se wenner van die Cake Off kompetisie.
Daar was drie inskrywings en elkeen moes 'n koek, 12 oliebolle en 12 skuimpies bak.
Die tema van die 2020 Cake Off is 'High Tea During #Lockdown'.
Die beoordelaars het reeds gestem.
Die wenner word 13:00 bekend gemaak en die veiling van die produkte is vanaf 13:00 tot 15:00. 'n Deel van gelde wat met die veiling ingesamel word, sal aan die munisipaliteit se kospakkieprojek geskenk word.
Kliek op die skakel om vir jou gunsteling inskrywing te stem:
https://cakeoffgardenroute.co.za/oudtshoorn-vote/
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'