Verlede naweek was dit weer so tydens die 22ste Meiringspoort-halfmarathon. Met 'n deelnemertal wat aan die 2 500 geraak het, is hierdie een van die mees gewilde items op die atletiekkalender met die Klein-Karoo as 'n onvergeetlike agtergrond.
Moeë lywe en seer bene word ook sodanig gelawe dat deelnemers jaarliks hul terugkeer maak. Oudtshoorn se Basjan van der Spuy is een van twee atlete wat aan elk van die 22 marathons deelgeneem het. Die ander is Leon Cohen van Kaapstad.
Volgens die amptelike uitslae soos ontvang van SWD-atletiek, was Peter Brown (Knysna) en Johan du Toit (tydelik) op 77-jarige ouderdom die oudste deelnemers aan die 21,1km-wedloop.
`n Totaal van 1371 lootjies vir `n totaal van R27 420 met `n bykomende 1152 aanlyninskrywings teen R23 040 is verkoop vir die geleentheid om `n skildery te wen, as fondsinsameling vir Die Herberg Kinderhuis in Robertson.
Die De Zeekoe-span is vanjaar aangewys as die beste waterpunt.
Inskrywings vir die 2015-wedloop open op 5 Mei 2015. Die 23ste Meiringspoort-halfmarathon sal aangebied word op 17 Oktober 2015.
Uitslae in die mans 21,1 km-wedloop:
Ope: 1) Ettienne Plaatjies (Nedbank SWD) 1:04:27, 2) Elfonso Pieterse (Nedbank SWD) 1:07:25, 3) John April (SANW) 1:13:00
Junior: 1) Godwin Heyns (Mossel Bay Harriers) 1:14:49, 2) Luciano van Wyk (Knysna MC) 1:24:18, 3) Kyle van Vuuren (Tydelik) 1:35:50
Veterane: 1) Marius Stander (Achilles) 1:18:46, 2) Marlon Mortlock (Knysna MC) 1:19:15, Anton Chevalier (Nedbank SWD) 1:20:40
Meesters: 1) Cornelius Bewee (Sedgefield Striders) 1:26:04, 2) Allen Taylor (Achilles) 1:26:31, 3) Evan Jones (Knysna MC) 1:30:25
Grootmeesters: 1) Hannes Els (Warriors AC) 1:31:27, 2) Peter Jakoby (Knysna MC) 1:37:33, 3) Jan du Toit (Hartenbos Drawwers) 1:39:13
Groot Grootmeesters: 1) Dave Edge (Sedgefield Striders) 1:50:11, 2) Francois Hofmeyer (Celtic Harriers) 1:52:00, 3) Rolf Mentzel (EP Profiles) 1:55:35
Stappers: 1) Trevor van Rensburg (Sedgefield Striders) 2:31:22, 2) Chris Olivier (Solidarity) 2:42:26
Vroue 21,1 km:
Ope: 1) Melissa van Rensburg (Nedbank SWD) 1:20:51, 2) Lisa Kingston (Tydelik) 1:23:17, 3) Lisl Grobler (Knysna MC) 1:25:52
Juniors: 1) Macnita Samuels (Knysna MC) 1:48:22
Veterane: 1) Lana Theunissen (Nedbank SWD) 1:32:11, 2) Vanessa Bowman (Kempton Road Runners) 1:33:53, 3) René Moll (Nedbank SWD) 1:34:16
Meesters: 1) Annatjie Botes (Nedbank SWD) 1:30:02, 2) Christene Claasen (Achilles) 1:32:15, 3) Pat Thompson (Tydelik) 1:40:25
Grootmeesters: 1) Rea Oosthuizen (Hartenbos Drawwers) 1:39:38, 2) René Hawkridge (Harlequins) 1:52:01, 3) Hanna du Toit (Sedgefield Striders) 1:59:16.
Groot Grootmeesters: 1) Gail Buhrman (Durbanville) 2:09:43, 2) Marie Smit (Acelor Mittal) 2:21:27, 3) Helena Freysen (Hartenbos Draw-wers) 2:52:53
Stappers: 1) Lorraine Zemke (Outeniqua Harriers) 2:38:58, 2) Carol-Anne Steyn (Nedbank SWD) 2:55:55, 3) Berryl Tillet (Sedgefield Stri-ders) 3:31:41
Mans 10 km-wedloop:
Ope: 1) Loyd Bosman (Nedbank SWD) 30:44, 2) Jansen Darries (Beaufort-Wes Drawwers) 31:52, 3) Francois Maquassa (SANW) 38:17
Juniors: 1) Jansen Darries (Beaufort-Wes Drawwers) 31:52, 2) Francois Maquassa (SANW) 38:17, 3) Keegan Cooke (Charlo AC) 33:49
Meesters: 1) Jannie Nieuwenhuys (Tydelik) 41:10, 2) Anthony Thomspon (Nedbank SWD) 50:34, 3) Aron Draghoender (PetroSA) 52:19
Grootmeesters: 1) Nic Brummer (Sedgefield Striders) 48:22, 2) Koos Hanekom (Tydelik) 54:51, 3) Leon Nel (Nedbank SWD) 59:49
Groot Grootmeesters: 1) Willem Oosthuizen (Hartenbos Drawwers) 1:01:35, 2) Bill Newby (Sedgefield Striders) 1:25:20, 3) Lars Nayler (Sedgefield Striders) 1:26:00
Stappers: 1) Chris Fimpel (Sedgefield Striders) 1:12:24, 2) Andre O'Connel (Tydelik) 1:39:14
Vroue 10 km-wedloop:
Ope: 1) Merrida Leen (Mossel Bay Harriers) 38:17, 2) Leanda du Bruyn (CPUT) 39:55, Bianca La Grange (RWFL) 44:27
Juniors: 1) Merrida Leen (Mossel Bay Harriers) 38:17, 2) Bianca La Grange (RWFL) 44:27
Veterane: 1) Maryke Sass (PetroSA) 46:02, 2) Johanna Claassen (Nedbank SWD) 48:55, Santjie Erwee (Sanlam) 53:01
Meesters: 1) Rina Wray (Hartenbos Draw-wers) 48:15, Elsa de Villiers (Hartenbos Drawwers) 02:06:00, 3) Rene Mitchell (Knysna MC) 08:43:00
Grootmeesters: 1) Lose Els (Warriors RC) 57:02, 2) Linda Meiring (Tydelik) 59:30, 3) Marlene O'Connel (Tydelik) 1:16:27
Groot grootmeesters: 1) Maggie Fourie (De Rust) 1:02:23, 2) Cecilia Swiegers (RWFL) 1:16:32, 3) Jean Merrills (Sedgefield Striders) 1:19:07
Stappers: 1) Ita Stiglingh (Sedgefield Striders) 1:07:22, 2) Hester Venter (Hartenbos Draw-wers) 1:16:13, 3) Marlene O'Connell (Tydelik) 1:16:27
Klik hier vir 'n vorige artikel.
Klik hier vir 'n fotogalery.
Die vrouewenner van die 21,1km-wedloop was Melissa van Rensburg (Nedbank SWD - 1:20:51) met Lisa Kingston (tydelik - 1:23:17) tweede en Lisl Grobler (Knysna MC - 1:25:52) derde. Foto's: Jo-Marie de Kock
Die 10km ope-manswedloop is gewen deur Lloyd Bosman (Nedbank SWD - 30:44) met Jansen Darries (Beaufort-Wes Drawwers - 31:52) tweede en Francois Maquassa (SANDF - 38:17) derde.
Merrida Leen (Mossel Bay Harriers - 38:17) was die wenner van die 10 km ope-vrouewedloop, gevolg deur Leanda du Bruyn (CPUT - 39:55), tweede en Bianca la Grange (RWFL - 44:27), derde. Die 15-jarige La Grange het ook `n derde plek in die ope-kategorie behaal en 13de algeheel.
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'