Volgens 'n verklaring wat Dinsdag 3 Junie deur kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, uitgereik is, was die oorledenes:
- Mabothi Ivat Gxokhwe (38) van Hermanus
- Nokwanda Mangxilana (29) van Kaapstad
- Nomfundo Mirriam Ntsondwa (49) van Mosselbaai
- Ntombizodwa Virginia Mali (42) van Kaapstad
- Robert Charles van der Berg (49) van Cradock
- Setyenzwa Patience Gwada (36) van Hermanus
- Siviwe Bangani (27) van Queenstown
- Vuyiseka Glorie Holana (8) van Malmesbury
Die ongeluk, waar die Oudtshoorn Courant die eerste media op die toneel was en kort daarna deur nasionale media gedek is, het in die vroeë oggendure van Donderdag 8 Mei plaasgevind toe 'n Intercape-bus in die berugte Perdeskoendraai op die N12 omgeslaan het.
Van die 56 insittendes is tien oorlede. Die Zimbabwiese busbestuur-der, Guardner Govere, is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op tien klagtes van strafbare manslag. Hy staar ook 'n verdere klagte van die oortreding van immigrasie-wetgewing in die gesig nadat dit aan die lig gekom het dat hy na bewering onwettig in die land is. Hy is steeds in aanhouding nadat borgtog geweier is.
LEES 'N VORIGE ARTIKEL
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'