OUDTSHOORN NUUS - Bridgton Sekondêre Skool het verlede Donderdag nasionale onderwysersdag by hul skool se klubhuis gevier.
Volgens Adele De Vos, opvoeder by die skool en ook organiseerder van die vieringe, sou diè dag reeds n paar weke gelede plaasvind, maar is dit weens onvoorsiene omstandighede uitgestel.
Die tema van die dag was "To teach is to touch a life forever".
Royden Jonkers en Talitha Plaatjies (hoofseun-en hoofdogter) het die volgende boodskap vir die opvoeders tydens hul spreekbeurt gehad:
"Met hoop in ons harte, vasberadenheid vir elke dag en n positiewe uitkyk in die toekoms, kan ons dit maak. Kom ons geniet die pitlose waatlemoen wat Italië se vlag in ons lewens bring en ons sodoende "sonskyn" (geel) in iemand anders se lewe kan bring."
Die bekende rymkletser en voormalige leerder van BSS, MC Noemwoord, het via 'n video-opname die personeellede vermaak met n liedjie wat hy spesiaal aan die opvoeders opgedra het.
Die dag se verrigtinge is met 'n heerlike Italianse pastadis afgesluit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'