OUDTSHOORN NUUS - Verskeie leerders van Bridgton Sekondêr het onlangs uitstekend op die sportveld gevaar wat 'n verskeidenheid sportkodes soos fietsry, atletiek, skaak, karate en trompoppies ingesluit het. Jordan-leigh Jones (eerste plek), Ashlyn Goliath (tweede plek) en Kylie Booysen (derde plek) het ook uitgeblink by SAPD se Commissioners Speech-projek.
Donito Murphy het die Eden-skaakspan gehaal terwyl Rumesha Mohammed en Akira Daniels in die Samca-trompoppiespan opgeneem is.
Sheree Samson het goud verwerf by Wes-Kaapse karate-kampioenskappe en 'n silwermedalje by Karate Suid-Afrika (KSA) se kampioenskappe ingeoes.
Sue-Alice Gysman het 'n gouemedalje by die Wes-Kaapse karatekampioenskappe verower en 'n brons by KSA se junior-kampioenskappe.
Jernovian Kruger is in die Junior ASWD-atletiekspan opgeneem.
Dié fietsryleerders het as volg presteer:
Ronaldino Williams
- 1ste plek by Cape Town Cycle Tour)
- 3de plek by Wesbank Bergfiets-marathon
- 1ste plek by SA Jeugkriteriumwedren
Marchelino Fredericks
- 1ste plek by Cape Town Cycle Tour
- 1ste plek by SA-Jeugkriteriumwedren
Marelize Jantjies
- 1ste plek by Cape Town Cycle Tour
Dionielle Ewerts
- 9de plek by Cape Town Cycle Tour
- 2de plek by Wesbank Bergfiets-marathon
- 3de plek by SA Jeugkriteriumwedren
Curwin De Beer
- 3de plek by Cape Town Cycle Tour
Gaylin Ewerts
- 9de plek by Cape Town Cycle Tour
Rehano Plaatjies
- 2de plek by Cape Town Cycle Tour
Van links is Kylie Booysen, Jordan-leigh Jones en Ashlyn Goliath.
Van links is Lorenzo van der Westhuizen (onderwyser), Donito Murphy, Rumesha Mohammed, Akira Daniels, Sheree Samson, Sue-Alice Gysman en Jernovian Kruger. Foto's: Ebenezer Titus
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’