OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-brandweer blus nie net brande en help tydens ongelukke nie.
Volgens Mornay Thysse, bekende brandweerman en slangvanger, het hulle vanoggend 'n oproep gekry oor 'n beseerde hadida wat onderstebo in 'n boom hang.
"Ons lede het gevind dat die voël ook 'n gebreekte been het. Dit wil voorkom of hy moontlik sy balans verloor het en toe met sy been in 'n mik geval het en sy been so gebreek het."
Thysse sê die hadida is nou by Cango Wildlife Ranch waar hy verder gehelp sal word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'