Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Opslaanhut wat langs 'n huis in Rocky Hill gestaan het is vanmiddag binne minute deur 'n brand in puin gelê.
Die hut word deur 'n man en vrou bewoon wat nie ten tye van die brand in die hut was nie.
Die brand het 'n gedeelte van die nabygeleë huis beskadig.
Een slaapkamer se vensterraam en gordyn het aan die brand geslaan, maar kon betyds geblus word.
Niemand is beseer nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die brandweer op die toneel.
Die opslaanhut is binne minute verwoes.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'