Die brand wat die huis van Koos Snyman in Schultzstraat totaal verwoes het, het tussen 18:00 en 19:00 vanaand uitgebreek.
Teen 21:30 was die brandweer steeds op die toneel waar dakbalke nog gesmeul het.
Die huis is naby die stasie en by 'n reuse houtstoorplek van PSP Timbers geleë.
Die inwoners was bekommerd dat verskeie voertuie wat naby die huis geparkeer was ook aan die brand kon slaan.
Die brandweer het egter daarin geslaag om die brand tot die huis te beperk. Die hulp van 'n brandbestrydingsvoertuig van die weermag is ook ingeroep.
.jpg)
Die huis is naby die stasie en by 'n reuse houtstoorplek van PSP Timbers geleë.
.jpg)