Gallery Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Dit blyk dat brandbestryders en werkers besig is om die geveg teen die brand by PSP te wen.
Die brand is tans tot een area beperk waar dit stelselmatig geblus kan word.
Volgens die bestuur van PSP was die hulp van boere en privaat ondernemings deurslaggewend om die brand onder beheef te bring.
"Ons het op n stadium gedink die brand gaan buite beheer raak, maar toe daag trekkers en vragmotors met watertenks op om die brandweer by te staan, en dit het ongelooflik baie gehelp," het 'n werknemer gesê.
VIDEO | Brand by PSP stadigaan onder beheer:
VORIGE ARTIKEL | Brand versprei
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'