BRIDGTON NUUS - Die lewens van twee gesinne is Dinsdag-middag net ná twee-uur in Bridgton, Wyk 7, binne 'n ommesientjie op sy kop gekeer.
'n Brand het ontstaan in die houthuis van 'n werklose gesin, en 'n fietsherstelwinkel van 'n klein entrepreneur. Die struktuur is binne enkele minute tot op die grond afgebrand.
Die twee houtstrukture wat teenaan mekaar gebou was, het afgebrand. Dit is nog onbekend hoe die brand ontstaan het.
Emile Cupido van Helping Hands Community Projects Oudtshoorn, was op die toneel om hulp te verleen.
Hy het 'n beroep op inwoners gedoen om enige ou klere, kombuisware en blikkieskos te skenk.
"Die munisipaliteit het onderneem om Woensdag te kom help om nuwe strukture op te rig," het hy gesê.
Enigeen wat graag enige skenkings kan of wil maak, kan vir Manuel bel by 083 332 3384 of 078 555 1879.
Dis al wat van die fietsherstelwinkel Cheap Services oorgebly het, nadat 'n brand dit tot op die grond afgebrand het.
Dié hopie verbrande klere is al wat gered kon word. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Bridgton, Klein Karoo nuus'